Die koor staan onder leiding van Jan-Erik Swart.
Verskeie uitnodigings vanaf die buiteland is reeds ontvang, en die SKKK sal ook hul eie vollengte klassieke konserte onder die vaandel van die Suid-Kaap Musiek Akademie in 2015 aanbied.
Die SKKK het, in samewerking met plaaslike laerskole, ‘n nuwe seisoen van oudisies aangekondig om jong, talentvolle sangers tussen die ouderdomme van 9 en 16 jaar te identifiseer.
Ook word daar vir die eerste keer borgskappe aangebied vir begaafde koorsangers van minder bevoorregte gemeenskappe om deur koorsang hul talent te ontwikkel.
Kinders wat die oudisie slaag, sal die gesogte SKKK ledebalkie ontvang, aan plaaslike, streek-, nasionale, asook internasionale optreegeleenthede deelneem, ‘n CD opneem, en op TV verskyn.
Hul stemme en musiektalent sal deur professionele musici ontwikkel word, en nuwe lede sal ‘n Trinity College sang- en teorie-eksamen kan aflê.
Verskeie toebehore, wat waterbottels, rugsakke, skryfmiddels en andere, insluit word ook op ‘n gereelde grondslag aan koorlede verskaf.
Nuwelingkamp
‘n Nuwelingkamp sal vanaf 10 tot 12 Oktober aangebied word, en koorlede sal reeds in Januarie 2015 gereed wees om in die gesogte konsertkoor te sing.
Alle belangstellende sangers kan die dirigent Jan-Erik Swart by 084 645 9320 vir ‘n oudisie kontak.
(1).jpg)
Die Suid-Kaap Kinderkoor het aan 'n warrelwind van optredes deelgeneem sedert hul triomfantelike terugkeer uit Letland. Plaaslike skoolkinders word genooi om vir oudisies om aan te sluit by die gesogte koor.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'