GEORGE NUUS - 'n Oud-Georgiet, dr. Stefan Hayward en 'n span navorsers van die Universiteit van Stellenbosch (US), het in dié krisistye met 'n briljante plan vorendag gekom om die behoefte aan handreinigers aan te spreek.
Broodkrummels is gebruik om alkohol vir die vervaardiging van handreiniger te maak.
Hayward het in George grootgeword en was in Laerskool George-Suid. Hy het sy matriek aan Hoërskool Outeniqua in 2006 voltooi. Sy ouers, ds. Les en Isabel Hayward, woon steeds in George.
Na sy skoolloopbaan het hy onder meer 'n B.Sc Hons (cum laude), 'n M.Sc (cum laude) en 'n P.Hd (Biochemie 2016) aan die universiteit behaal.
Hy is op die oomblik verbonde aan die departement voedselwetenskappe by die US.
Luidens 'n verklaring van die US het voedselwetenskaplikes van die universiteit dit reggekry om in hul departement se fermentasietenk 18 liter alkohol-basis reiniger te maak uit kilogramme ou broodkrummels.
Dr. Stefan Hayward en sy vrou en eggenoot, Helga Hayward.
Nadat dit 'n week lank gefermenteer het, kon hulle net betyds hul eindproduk bottel - ure voordat die inperktydperk begin het.
Hayward is 'n post-doktorale navorser in die departement voedselwetenskap. Hy is deel van 'n navoringsgroep wat op 'n normale dag fokus op maniere om aan die een kant voedselafval te verminder, en aan die ander nut te vind vir dit wat wel opgaar.
Die plan om hul eie handreiniger te maak het tussen Hayward, nog 'n nadoktorale navorser, dr. Timo Tait, en 'n MSc Voedselwetenskap-student, Sebastian Orth ontstaan.
Ds. Hayward het aan die George Herald gesê sy seun is baie handvaardig. Sy vakgebied is sy vreugde en bied vir hom die uitdagings om oplossings te vind vir nuwe en oorspronklike ontwikkelinge in die wetenskap.
"As ouers is ons trots op die deurbraak wat hy en sy span navorsers saam met onder meer dr. Timo Tait (wat ook van George-omgewing is) en sy studente gemaak het. Ons is dankbaar dat hy met soveel toegewydheid, ten volle gebruik maak van die talente wat hy ontvang het en sien met opgewondenheid en verwagting uit na sy verdere loopbaan."
Volgens Hayward is Stefan getroud met Helga, dogter van Robert en Ruth Crause van Outeniqualand.
Dr. Hayward het by navraag gesê hulle het sedert dit bekend geword het, oorweldigende reaksie ontvang. In die stadium is daar nie veel wat hulle nog kan doen nie. Wanneer die inperking verby is, gaan hulle kyk hoe die proses geoptimaliseer kan word. Dit sal behels hoe om die proses vinniger en meer effektief te kry.
Hy het bygevoeg dat hy altyd 'n sagte plekkie vir George sal hê.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'