GEORGE NUUS - Die publiek word hartlik uitgenooi na die derde etensuurkonsert in die Lentereeks van die NG Moederkerk, George, op Woensdag 28 Oktober om 13:10.
Die program van orrelmusiek word aangebied deur dr. Gerrit Jordaan, orrelis en musiekleier van die Moederkerk.
In die drie jaar wat Gerrit in George woon, het hy nie net baie goeie en simpatieke werk as kerkorrelis gelewer nie, maar ook deur die voortsetting van die etensuurkonserte 'n gawe geleentheid aan die musiekpubliek daargestel om na goeie klassieke musiek te kan luister.
Sy optrede bestaan uit twee tokkates van JS Bach, dele uit die derde simfonie van Widor en pragtige koraalvoorspele van Chris Lamprecht en Albert Troskie.
Kom vroeg en bring u maskers saam. Toegang is gratis, maar donasies is welkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'