Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Syferfonteiners is tans voor die deure van siviele ingenieurswese, in Yorkstraat skuins oorkant die munisipale gebou.
Sowat 400 mense het aan die protesoptog deelgeneem.
Die mense is baie ongelukkig omdat Charles Lubbe, die direkteur van behuising, namens hom die memorandum gaan ontvang. Hulle aanvaar dit glad nie.
James Smith het die memo voor almal gelees.
Smith vra ingryping van die minister, want die Syferfonteiners voel hulle word anders behandel as die res van die dorp se plakkerskampbewoners.
Die ongelukkigheid spruit ook uit die feit dat van die mense wat jare gelede op die behuisingswaglys was, deesdae meer as R3500 per maand verdien en nie meer kwalifiseer nie.
Kyk video's hieronder:
Mense drom saam voor siviel.
Die griefskrif.
Lees 'n vorige artikel hier: Syferfonteiners hou vreedsame protesoptog
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'