Update
GEORGE NUUS - Rommel is vanoggend in Beer- en Oerson Buysstraat in Rosemoor aan die brand gesteek deur ontevrede inwoners oor swak dienslewering.
Dit is onduidelik of die protesaksie verband hou met die krag wat sedert gistermiddag in gedeeltes van die area af is nie.
Edmund Bussack, burgermeesterskomiteelid vir elektrotegnies, het aan die George Herald gesê die inwoners se griewe kry aandag en dat hulle elektrisiteit teen vroeg middag aangeskakel behoort te wees.
Die situasie is nou onder beheer en die protesgangers is vreedsaam uiteen.
Volgens Suretha Booysen wat die protesaksie georganiseer het is inwoners se krag van Vrydagmiddag af.
"Ons maak vir want ons wil water kook en kos gaar maak."
Die George-munisipaliteit het intussen gesê dat die Go George -busroete, Roete 53, in die geaffekteerde area onmiddellik opgeskort is nadat busse met klippe bestook is. Roete 53B is steeds operasioneel.
Lees 'n vorige berig: Protestoptrede in Rosemoor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'