GEORGE NUUSFLITS - Inwoners van Rosemoor het 'n brand in die middel van die pad op die hoek van Beerstraat en Parsenstraat begin vanoggend 27 Oktober.
Die verkeersdepartement polisie en brandweer is op die toneel.
Suretha Booysen, organiseerder, sê inwoners is sedert Vrydagmiddag sonder elektrisiteit.
"Ons wil ons krag terug hê en weet wat aan die gang is."
Die GO GEORGE-busse wat na Rosemoor toe ry op Route 53 het onmiddelik gestop. Die George-Munisipaliteit vra omverskoning vir enige ongerief maar hulle neem die veiligheid van hulle passasiers ernstig op.
Suretha Booysen.
Edmund Bussack. burgemeesteerskomiteelid vir elektrogoniese Chandra is op die toneel.
Bussack het aan die George Herald gesê dat die inwoners se griewe kry aandag, hulle elektrisiteit behoort vroeg middag aangeskakel te wees.
Die protesoptrede in Rosemore. Foto: Eugene Gunning
Edmund Bussack op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'