Die bus het na regs omgeval en teen die rotswand aan die oorkant van die pad te lande gekom.
Die pad was vanaf ongeveer 02:30 tot sowat 08:00 gesluit vir verkeer.
Die busbestuurder is in ‘n geskokte en beseerde toestand hospitaal toe.
Kaptein Malcolm Pojie, woordvoerder van die SAPD in die Suid-Kaap, het op die toneel gesê dat die dodetal nie bevestig kan word nie, maar dat hy wel kan bevestig dat mense op die toneel dood is en dat daar ook mense in die hospitaal dood is. Volgens hom het al die passasiers beserings opgedoen.
Die bus is omstreeks 06:30 regop getrek sodat nooddienstewerkers kon seker maak dat daar nie nog mense onder die bus vasgekeer is nie. Daar was geen verdere liggame gevind nie. Die laaste liggame is omstreeks 07:00 verwyder en daar was bevestig dat daar reeds met naddodse ondersoeke op die eerste vier liggame begin is.
Daar was 53 (bus-personeel ingesluit) mense op die bus, waarvan 33 gehospitaliseer is. 10 mense is reeds ontslaan.
LEES 'N VORIGE NUUSFLITS
FOTOGALERY
.jpg)
Op die toneel.
.jpg)
Die ongelukstoneel.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo, Tuinroete nuus'