Die huldeblyke, diens en begrafnis is van so vroeg as 08:00 lewendig vanaf Qunu in die Oos-Kaap uitgesaai.
Tot en met ongeveer 11:00 het 'n rustige, somber atmosfeer geheers. Daarna is die klank van die uitsending afgeskakel om met die George-munisipaliteit se program voort te gaan. Slegs die beeld van die lewendige uitsending sou voortgaan.
Die grootste gedeelte van die bykans 800 mense het in oproer gekom. Van hulle het selfs gedreig om die verhoog af te breek. Die polisie, munisipale wetstoepassers en sekerheidsbeamptes moes ingryp om die orde te herstel.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
By 'n groot banier van wyle oudpresident, Nelson Mandela, staan van links dr. Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister van sport en kultuur), Charles Standers (George-burgemeester), Wessie van der Westhuizen (Eden-burgemeester) en Daniël Maritz (George-onderburgemeester). Foto: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'