GEORGE NUUS - Nog 'n tragedie het George gister getref.
'n Bekende gesig en die eienaar van Shorty's Driving School, Shorty Gerber (68), is gister skielik oorlede.
Hy het vir baie jare inwoners van die omgewing leer bestuur en was 'n legende in George.
Huldeblyke stroom steeds in en sosiale media gons na sy skielike dood.
Hy is aan natuurlike oorsake oorlede.
'n Roudiens word Woensdag 17 Oktober om 15:00 by die NG Kerk George-Suid gehou.
Hy laat sy vrou, Petro, dogter, Marnet de Koker, skoonseun en twee kleinkinders na.
"Hy was regtig baie lief vir my twee kinders. Hulle was sy alles. Hy was 'n oupa-duisend. My pa was regtig 'n baie goeie, liefdevolle man met 'n hart van goud soos almal wat hom geken het, sal weet," het de Koker gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'