Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Selfoontoring wat tans op die perseel van die Afrikaanse Protestantse Kerk in Denneoord opgerig word, het 'n paar inwoners bekommerd oor gesondheidsrisiko's van die radiogolwe en elektromagnetiese velde afkomstig van selfoontorings wat 'n kontroversiële saak dwarsoor die wêreld bly.
Renier van Greunen, een van die bure wat oorkant die kerk in Leeubekkiestraat woon, het gesê hy het nie vooraf kennis gekry nie en eers verlede Donderdag uitgevind wat aangaan toe die oprigting begin het. Die toring is 40 meter van sy huis se slaapkamers.
Hy het sy misnoeë teenoor die kerk uitgespreek.
Willem Mouton, voorsitter van die kerkraad, het gesê hulle is deur Atlas Tower, eienaar van die toring, genader om grond beskikbaar te maak. "Ons het 'n wettige kontrak en dit lees dat hulle goedkeuring by die munisipaliteit moet kry. Die kerkraad was nie bewus van die kontroversie rondom bestraling nie."
Dirko Loots van Warren Paterson Planning, aansoekers namens Atlas Tower, het gesê hulle rekords wys dat 'n geregistreerde brief wel op 8 Oktober verlede jaar aan die Van Greunens gestuur is. Hulle het 'n maand gehad om beswaar aan te teken.
"Wanneer briewe nie opgeëis word nie, kry ons dit terug en in hierdie geval het ons dit nie teruggekry nie."
Kyk 'n video hieronder:
Die George-munisipaliteit se kommentaar word afgewag.
Een van die inwoners regoor die kerk het hierdie nota op hulle voorhek geplak. Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'