GEORGE NUUS - 'n Ontbinde liggaam van 'n onbekende persoon is vanoggend, Saterdag 27 Julie, langs die rivier in die park by die Van Riebeeck-tuine gevind.
Volgens George-polisie se kommunikasie beampte, Kapt. Nolonwabu Tshengu, het 'n hawelose lid van die gemeenskap op die toneel afgekom en die polisie in kennis gestel.
"Die geslag en identiteit van die oorledene is nog onbekend in hierdie stadium," sê sy.
'n Hawelose lid van die gemeenskap het op die toneel afgekom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'