Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Stel jou voor: Jy het nog nooit geskilder nie en nou gaan jy kunsklasse neem. Dit neem jou daarna vier maande om jou eerste skildery te voltooi. 'n Paar jaar later is jy egter 'n suksesvolle kunstenaar en jou skilderye is hoog in aanvraag.
Dit is die lang pad wat Patrick Botto, (49) 'n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilders geloop het.
Botto het verlede Woensdag, 16 Oktober, sy lewensverhaal tydens 'n geleentheid van die organisasie gedeel. Hy het hom 'n paar maande gelede permanent in George kom vestig.
Botto kom oorspronklik van Grabouw. Later het hy in Pretoria as 'n vingerafdrukdeskundige by die polisie gaan werk. Op 12 November 1993 het sy lewe vir altyd verander. Hy en sy kollegas het van 'n jaareindfunksie teruggekeer en was in ’n motorongeluk betrokke. Een persoon het in die ongeluk gesterf en Botto het sy nek gebreek.
Terwyl hy in die pad gelê het, het hy baie alleen gevoel. Hy het gedink as hy sou sterf, waarheen gaan hy. As wedergebore Christen, het hy die Here gevra om hom nog 'n kans te gee.Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilders het verlede Woensdag 'n bekendstellingsgeleent-heid in George gehou. Voor: Rudi Lombaard en Patrick Botto, beide kunstenaars. Agter: Ralph Laruffa van die organisasie, Yvonne Labuschagne, besturende direkteur en Belinda de Klerk, kantoorbestuurder.
Die ongeluk was 'n groot skok en dit was 'n moeilike tyd. Hy moes elke dag met die nuwe realiteite saamleef.
Aanvanklik was sy fokus op dit wat hy nie meer kon doen nie. Later het hy begin fokus op wat hy kon doen. Hy kon byvoorbeeld nog sy brein gebruik.
Sowat vier jaar na die ongeluk, het 'n vrou hom genader en wou weet of hy nie belangstel om by dié organisasie betrokke te raak nie. Sy verweer was dat hy nog nooit voorheen geskilder het nie. Botto het wel ingestem om te probeer en met kunsklasse begin. Dit het hom vier maande geneem om sy eerste skildery van twee rose te voltooi.
Botto het aan die George Herald gesê hy geniet dit om te skilder. Deur die Vereniging van Mond- en Voetskilders het God vir hom 'n groot deur oopgemaak.
Kyk twee video's hieronder:
Patrick Botto, 'n skilder van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilders saam met Yvonne Labuschagne, besturende direkteur van die organisasie. Foto: Eugene Gunning
Volgens Yvonne Labuschagne, besturende direkteur van die organisasie, bestaan dit al meer as 60 jaar. Hulle streef daarna om gestremde mense te help. Die organisasie se hoofkantoor is in George. Hul boodskap is dat iemand nie in 'n rolstoel moet gaan sit nie.
Meer as 30 kunstenaars is betrokke en meer en meer kunstenaars kom na vore. Die organisasie is baie afhanklik van bydraes van die publiek. Sonder die publiek kan hulle nie bestaan nie.
Rudi Lombaard van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond- en Voetskilders besig met een van sy skilderye. By hom staan Ralph Laruffa van die organisasie.
Foto's: Eugene Gunning
At an event of the Association of Mouth & Foot Painters South Africa that was held last Wednesday in George, a artist talked about his long road. In 1993 he was involved in a motor accident. Only four years after the accident, he took art classes. It took him four months to finish his first painting. Today he is a successful artist.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'