Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Dis nie elke skool wat kan spog dat vier van sy oudleerlinge al op die hoogste internasionale sportvlak aan die Olimpiese Spele deelgeneem het nie. 'n Skool wat dit wel kan doen is Hoërskool Outeniqua.
Op Woensdag, 1 Februarie, was die vier oudleerlinge, Bianca Buitendag, Jo-Ane' van Dyk, Elroy Gelant en Anel Oosthuizen by die skool tydens die jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms.
Buitendag, Van Dyk en Gelant het aan die Olimpiese Spele in Tokio, Japan in 2021 deelgeneem en Oosthuizen aan die Olimpiese Spele in 2016 in Rio in Brasilië. Buitendag het tydens die Olimpiese Spele aan die branderplankry deelgeneem en 'n silwermedalje gewen.
Dit is vanjaar die skool se eeufeesjaar en as deel van die feesvieringe is 'n vertoonmyl gehardloop. Gelant het die wedloop gewen in 4.15.22. Sy pasaangeërs was Lloyd Bosman en Selwyn Matthews.
FOTOGALERY: Hoërskool Outeniqua trots op hul Olimpiese oudleerlinge
Leon van Wyk, George se burgemeester en Tommy Smook, 'n voormalige hoof van die skool, het ook die geleentheid bygewoon.
VIDEO: Elroy by Alma Mater
VIDEO: Kyk hoe hardloop Elroy
Chris Hattingh, adjunkhoof akademies, het gesê deel van die geleentheid is om sport en in die besonder atletiek te vier.
Dit was baie besonders om die Olimpiese sterre teenwoordig te hê. Hy het dit as 'n historiese geleentheid beskryf.
Elroy Gelant voltooi die wedloop.
Chris Hattingh (adjunkhoof akademies), Leon van Wyk (George-burgemeester), Dirk Wessels ( burgemeesterskomiteelid vir finansies) en Christo Vorster (skoolhoof).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'