TUINROETE | KAROO NUUS - Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, tesame met Clyde Lambert, distriksbestuurder van die departement landbou, het Hoër Landbouskool Oakdale onlangs besoek.
Dit het 'n begeleide toer na Buiteplaas, die skool se suiwelafdeling, die landboutegnologie-werkswinkel, asook die skool se groente- en vrugteafdelings ingesluit.
Meyer het ook 'n akkerboom tydens sy besoek geplant.
Die skool bedank die minister vir sy besoek.
Tydens sy besoek het dr. Ivan Meyer 'n akkerboom op Oakdale geplant.
Die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer, saam met die hoof van Oakdale, Willem du Buissson.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'