Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep van 15 pas geregistreerde verkeersbeamptes het vanoggend hul trots en dankbaarheid teenoor George-munisipaliteit met 'n dril-vertoning betoon.
Die groep het hul jaarlange opleiding in Kaapstad en Port Elizabeth voltooi. Indien hulle later by George-verkeer sou aansluit, het die dorp 'n verkeerskorps van meer as 50 beamptes.
Twee van die studente het besonder goed gevaar. Dwayne Joseph het 'n trofee ontvang vir die beste skut en Leandri (Lee) Laws het die hoogste punte behaal in 'n eksamen oor die nasionale padverkeerswet.
George-burgemeester Melvin Naik het die span geluk gewens. "Julle maak ons so trots," het hy gesê. "Ek weet dit was nie altyd maklik nie, maar julle het deurgedruk."
Kyk 'n video hieronder.
In gesprek met die George Herald het Joseph gesê sy vorige wapenopleiding as wetstoepassingsbeampte het hom goed te staan gekom. Hy het uitstekend gevaar met 22 uit die 25 skote op die teiken, waaronder twee kolskote.
Laws het gesê die eksamen was haar grootste uitdaging, en dat sy deurgedruk het ter wille van haar gemeenskap in Blanco, die munisipaliteit en haar oorlede pa, Tom Laws.
'n Groep van 15 pas geregistreerde verkeersbeamptes het vanoggend hul trots en dankbaarheid teenoor George-munisipaliteit met 'n dril-vertoning betoon.
Burgemeester Naik ontvang blomme as teken van dankbaarheid vir die geleentheid wat aan die groep gegun is om as verkeersbeamptes te kwalifiseer.
Op aandag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'