GEORGE NUUS - Vir baie leerlinge was gister, Woensdag 19 Januarie, nie net die begin van die nuwe skooljaar nie, maar ook die begin van hul skoolloopbane.
Reeds van vroeg het ouers en familie met hul kinders by Conville Primêr begin toustaan vir die nuwe belangrike hoofstuk in hul lewens.
Elrich Daseman, hoof van die skool, het gesê die finale syfers sal later bekend wees. Teen gisteroggend was daar 96 gr. R-leerlinge en 188 gr. 1-leerlinge.
Daar is vanjaar vyf gr. R-klasse en ses gr. 1-klasse waarvan vier Afrikaans is en twee Engels.
"Ons is so gereed as kan kom. Ons is opgewonde oor die nuwe skooljaar," het hy gesê.
Lucelle Jumat en haar seuntjie, Raquelle (6) van Maraiskamp, kort voor die begin van die nuwe skooljaar.
Ntombesine Nkamana het haar seuntjie Iphemna (5) skool te gebring.
Abukhanyise Mthonjeni (5) saam met haar ouma, Georgina en haar ma, Thandokazi. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'