GEORGE NUUS - Kleuters van Trippel Toontjies-kleuterskool het onlangs 'n reeks besoeke van die dorp se nooddienste ontvang.
"Die kleintjies het geleer van mense wat ons help," het Amelda Lombard, kleuterskooleienaar, gesê. "Hulle het soveel plesier gehad met elke besoek."
Die kinders is die geleentheid gegee om 'n brandweerwa, polisiemotor en ambulans van nader te bekyk, en mense te ontmoet wat in hierdie bedrywe diens aan die gemeenskap lewer.
'n Bloedrooi brandweerwa en brandbestryders bly altyd 'n wenner! Richard Bruiners en Louis Julies saam met die kleingoed.
Die polisie is hier. Sers. Hendriks en sers. Barnard het van nader kom kennis maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'