Min van die besoekers weet egter dat die gemeente vanjaar haar 200ste bestaansjaar vier.
Voordat die huidige kerkgebou in gebruik geneem is, is eredienste in die Langgebou skuins agter die kerk gehou.
Die Langgebou is intussen omskep in 'n moderne konferensiesentrum met al die nuutste fasiliteite.
Deur die jare was daar hoogtepunte, maar ook laagtepunte soos toe die toring op Woensdag 13 September 1905 om 05:00 ineengestort het. Die toring is teen 'n koste van R5 300 herbou en teen 1906 het die nuwe een weer op die dak gepryk.
In 2006 het die gemeente die die 'Toringfees' gevier en tydens dié geleentheid is 'n tydkapsule onder die leiklip by die voordeur begrawe.
Die gedagte aan die tydkapsule het gekom van die vorige tydkapsule wat 100 jaar gelede begrawe is, maar nooit weer opgespoor kon word nie. Items soos 'n selfoon, kerkalmanak en 'n koerant is van die artikels wat begrawe is en in die jaar 2106 weer oopgemaak sal word.
Die gemeente beplan talle feesgeleenthede gedurende die jaar, waaronder 'n Passiespel wat in samewerking met die Vleie-gemeente op 28 en 29 Maart plaasvind, 'n gemeente-ete in Mei waartydens daar 'n oumotoruitstalling gaan wees, potjiekoskompetisie en vele meer.
Op 1 Junie vind 'n Toring-tot-toring-afloswedloop plaas wat op Herold begin en by die Moederkerk eindig.
Al die 'dogtergemeentes' wat van Moedergemeente afgestig het, sal op die roete aangedoen word, met die gemeentes wat die waterpunte sal beman.
Op 22 September gaan die Moederkerk 'n Exultatefees aanbied en die Nasionale Kultuurhistoriese streekkonferensie word later vanjaar in die Langgebou aangebied.
Ds. Albertus Louw en sy kollega ds. Steve van der Walt is tans die herders van die gemeente. Die twee leraars het as deel van die gemeente se feesvieringe 'n debuutgospel-CD, Eurythmia gemaak en dit is onlangs vrygestel.
_557752564.jpg)
Stoffel Erasmus, destydse voorsitter van die kerkraad, en ds. Steve van der Walt (regs) by die tydkapsule wat in 2006 begrawe is.