Daar is ook drie studente wat vrywillige werk doen by die George-hospitaal en vier wat as helpers optree by ‘n kleuterskool in Pacaltsdorp.
In Syferfontein staan die eerste huis reeds dakhoogte en die dak word binnekort opgesit. Daar is ook drie bestaande plakkershutte wat vergroot gaan word.
Die George-munisipaliteit het ‘n stuk grond geskenk wat die studente vandeesweek reeds omgespit het en waar die plantery reeds afgeskop het.
Een van die studente, Ester Brouwer, sê hulle gaan aartapels, wortels, kool, spinasie en ander groente plant vir die inwoners van die plakkerskamp om te verkoop sodat hulle ‘n inkomste kan verdien.
Maarten Theodorie sê die ruim houthuis wat hy en ses ander studente bou, is vir ‘n vrou, Mugelene Gallant, en haar ses kinders. Twee van die kinders is haar eie en die ander is pleegkinders in haar sorg.
Die studente is almal van die Horison-organisasie en werk vir die Bartstigting van Nederland wat ook al die materiale verskaf.
Theodorie sê hulle is reeds vyf weke hier en gaan tuis in ‘n gastehuis in Blanco. Hulle sal nog sewe weke in George werksaam wees.
Hy sê die Horison-organisasie bied hulle ‘n wonderlike geleentheid aan om hul "horison de verbreden".
Die groep benodig dringend pale en draad om ‘n heining om die groentetuin te span. Enigiemand wat kan help, kan Thelma Richards skakel by 074 754 6995.
.jpg)
Die Nederlanders in die houthuis wat hulle besig is om te bou. Foto’s: Lizette da Silva
.jpg)
Die studente binne die ruim houthuis wat hulle in ‘n week se tyd gebou het. Hulle gaan nog drie bestaande plakkershutte vergroot.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIZETTE DA SILVA AND AURELIA PRIESTER