Gallery
GEORGE NUUS - 'n Stukkie Europa in George. Dit is hoe dit voel om met jou gesin by die maandelikse Nagmark by die Getafix Garden Café te kuier.
Hierdie inisiatief vind die eerste Vrydagaand van elke maand, reg langs die Tuinroete Botaniese Tuin in Caledonstraat plaas. Gaste het verlede Vrydagaand, 4 Mei, onder 'n groot wit tent ontspan terwyl entrepreneurs hul kos- en goederestalletjies beman.
Besoekers kon vars gemaalde koffie drink en 'n warm roosterkoek-shawarma eet terwyl hulle rondkyk na al die mooi goed wat die mense maak.
Die mark is kindervriendelik en goed belig met plaaslike musikante wat sorg vir gesellige agtergrondmusiek.
Entrepreneurs wat graag by die volgende nagmark op 1 Junie wil uitstal kan Samantha kontak by 044 874 4687.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'