Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Essensiële werknemers van die George-munisipaliteit is in die pakeergebied voor die agterste ingang van die gebou saamgedrom nadat hulle vanoggend begin staak het oor Covid-vergoeding vir werk verrig tydens vlak 5 van inperking verlede jaar.
Die kantore is gesluit en sal glo eers Maandag oopmaak.
Volgens een van die werknemers is die verteenwoordigers van die twee munisipale unies, Imatu en Samwu, binne die gebou besig met onderhandelings met bestuur.
Sizwe Matiwane, 'n werknemer in die vullisverwyderingsafdeling, sê hulle word 2 dae se verlof aangebied, maar hulle wil betaling hê.
"Ons afdeling het een tata verloor weens Covid wat nie eers moes gewerk het nie weens sy hoë ouderdom. Die munisipaliteit het nie omgegee vir ons veiligheid nie en nou wag ons ook al 'n jaar vir die Covid-betaling," het hy gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Werknemers drom saam by die agterste ingang van die George-munisipaliteit.
Photo: Hein Scheepers
Photo: Hein Scheepers
Photo: Hein Scheepers
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'