Gallery
GEORGE NUUS - Geen beserings is vanoggend tydens ‘n motorongeluk op die R102 (lughawepad) opgedoen nie.
Twee voertuie, ‘n Toyota-nutsvoertuig en ‘n klein Nissan-bakkie, was albei op pad uit die rigting van Mosselbaai na George toe die bestuurder van die Nissan na bewering na links wou afdraai.
Volgens voorlopige inligting blyk dit of die Toyota die Nissan skrams van agter getref het waarna die Nissan in die sloot langs die pad beland het.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'