GEORGE NUUS - Verkeer uit Pacaltsdorp beweeg teen 'n slakkepas ná 'n motorongeluk tussen twee bakkies in Beachweg vroeër vanoggend, Woensdag 4 November.
Volgens onbevestigde inligting het die twee voertuie, wat albei in die rigting van George beweeg het, met mekaar gebots.
Een van die bakkies, wat mense agterop vervoer het, het tydens die ongeluk omgeslaan.
'n Totaal van 13 pasiënte was in die ongeluk betrokke. Twee het verkies om nie gehospitaliseer te word nie, twee het matige beserings opgedoen en nege is slegs lig beseer.
Vyf van die pasiënte is deur Eden 911 vervoer en ses deur ER24.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'