Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dis nie aldag wat 'n mens die verkeersowerhede en motorfietsryers saam op die pad sien na 'n gemeenskaplike eindbestemming nie.
Vanoggend het verteenwoordigers van verskeie plaaslike motorfietsklubs hul ysterperde opgesaal om deel te neem aan 'n bewusmakingsveldtog vir padveiligbeid.
Hierdie inisiatief word ondersteun deur die munisipale en provinsiale verkeersafdelings, ER24 en Distell.
Fotogalery: Verkeersowerhede en motorfietsryers saam op die pad
Die groep heskuins na 10:00 by die parkeerarea van York Street Boulevard (voor Checkers) byeengekom, waarna hulle saam vertrek het na 'n aftrekplek op die Outeniquapas.
Volgens 'n senior verkeersbeampte van George-munisipaliteit, Benzil Ramati, sal die groep toegespreek word oor veiligheid op die pad, en veral die Outeniquapas.
Kyk 'n video hieronder:
Die inisiatief volg na 'n onlangse ongeluk op die pas waarin 'n jong motorfietsryer sy lewe verloor het. Die klubs wat vanoggend saamry sluit in Coded, Steel Wings, Guns n Roses, Renegades en Macs.
Foto: ER24
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'