GEORGE-NUUS - Lynn Schroeder BMW en BMW-motorfietsryers het onlangs met ‘n groot gedreun by Hibernia Primêre Skool opgedaag om hul 67 minute van welwillendheid te betoon deur skoene te skenk aan behoeftige leerders van die skool.
Die magdom skoene is deur die motorfietsryers aangekoop by Tekkie Town en Watson’s Skoene. Raads-lid Lionel Esau van Eden Munisipaliteit het die projek gefasiliteer.
Die skoolhoof, mnr. WJ Pedro, het vooraf met sy leerders gesels om hulle bewus te maak daarvan dat elkeen moet uitreik na ander wat nood het.
Mnr. Stanley Williams, ‘n werknemer van Lynn Schroeder en self ‘n oudleerder van die skool, het daarna die leerders met toegespreek oor die belangrikheid van welwillendheid en hoe hulle ‘n verskil kan maak in die samelewing. Hy het die leerders se aandag daarop gevestig dat indien jy wil ‘vorentoe beweeg in die lewe’, jy ‘n oor moet hê om te luister en ‘n hand moet verleen aan diegene wat dit nodig het - net soos Nelson Mandela dit gedoen het.
Sien nog foto's hier: http://www.georgeherald.com/gallery.aspx?gpid=120&gid=2