GEORGE NUUS - ‘n Motorfietsryer van Mosselbaai is vroeër vandag in ‘n kritieke toestand deur ER24-paramedici na die Mediclinic George geneem ná ‘n ongeluk in die Outeniquapas.
Volgens onbevestigde inligting, het die motorfiets in die rigting na George gery toe hy ‘n vragmotor van voor getref het.
Die vragmotor, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, was na bewering gedeeltelik in die motorfietsryer se baan toe hulle albei om ‘n draai gery en mekaar getref het.
Die vragmotorbestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit in die pas omgeslaan het.
Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'