GEORGE NUUS - Bikers vir Liefdadigheid het op Sondag 3 Desember weer hul jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid aangebied.
Dit is gehou ten bate van Cat Garden Route, 'n nie-winsgewende organisasie wat hulle toespits op die sterilisasie van wilde katte in woongebiede, plase en industriële gebiede.
Die groep motorfietsentoesiaste het by Sasol Kraaibosch ontmoet waarvandaan hulle na die parkeerarea van die NSRI op Wilderness vertrek het en waar die skenkings oorhandig is.
'n Kontantbedrag van R3 000 is ingesamel om te help met die sterilisasies en aankoop van medikasie.
Bikers vir Liefdadigheid bedank elke persoon en motorfietsryer vir hul onbaatsugtige bydrae om die geleentheid 'n groot sukses te maak.
Enigiemand wat meer inligting oor die nie-winsgewende organisasie verlang kan hul Facebook-blad, Bikers vir Liefdadigheid, volg.
Motorfietsentoesiaste het in groot getalle opgedaag om Bikers vir Liefdadigheid te ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'