Update
GEORGE NUUS - Eshwill Biel, die eienaar van Boston's Tavern in Saturnusstraat, Parkdene, wat vir die koelbloedige moord van Jeanette October (58) aangekla word, het Donderdag 25 Januarie vlugtig in die Thembalethu-streekhof verskyn.
October het oorkant Biel se taverne gewoon. Hulle was voor die skietaanval op 28 November 2016 in 'n argument betrokke.
Eshwill Biel is 'n maand later borgtog van R10 000 toegestaan met baie streng borgtogvoorwaardes.
Hy mag onder andere nie in die Parkdene-area kom nie en sal vir die duur van die saak in Mosselbaai woon. Hy moet ook elke Woensdag en Vrydag by die polisie daar aanmeld. Sy borgtogvoorwaardes het sedertdien nie verander nie.
Die drama en plundery van Vrydagaand, 25 Januarie by Boston's Tavern, hou vermoedelik verband met die moord op October. Woedende inwoners waaronder familielede van haar het na die taverne opgeruk en geëis dat die plek, wat nou deur buitelanders bestuur word, sy deure sluit.
Na bewering handel die buitelanders wat die taverne bestuur, ook in dwelms. Biel verskyn weer op 20 April in die Thembalethu-streekhof.
* Eshwill Biel, the owner of Boston's Tavern in Saturnus Street, Parkdene, who is charged with the cold-blooded murder of Jeanette October (58), appeared briefly in the Thembalethu Regional Court on Thursday
25 January. October lived opposite Biel's tavern. They were involved in an argument before the shooting on 28 November 2016. A month later Eshwill Biel was granted bail of R10 000 with strict bail conditions. Some of the conditions are that he may not enter the Parkdene area and has to live in Mossel Bay for the duration of the court case.
Lees 'n vorige artikel: Woedende inwoners sluit taverne
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'