GEORGE NUUS - Die George-polisie ondersoek ‘n moord ná die lyk van Daniel Laminie (32) Saterdag 30 April, omstreeks 09:00 by die brug oor die N2-snelweg naby die Garden Route Mall gevind is.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, sê voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat twee mans op die brug gesit het toe hulle deur ‘n groep mense aangerand is.
“Die oorledene het steekwonde aan sy kop en rug opgedoen. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die tweede slagoffer het ernstige steekwonde aan sy een arm opgedoen. Hy is hospitaal toe geneem.”
Teen druktyd is geen verdagtes in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'