Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Groep ANC-lede wat in Borcherds woon hou tans 'n vreedsame plakaatbetoging op die Metrogronde, waar 'n ministeriële besoek later vanmiddag gaan plaasvind.
Volgens die groep wil hulle graag hul ontevredenheid met die projek aan die provinsiale minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, oordra. Die Wes-Kaapse premier word ook by die besoek verwag.
Simmers het sowat twee weke gelede 'n sarsie huise aan begunstigdes oorhandig.
Die betogers is ongelukkig omdat blykbaar net vyf van daardie gesinne van Borcherds afkomstig is. Hulle voel die toekenning van huise word gepolitiseer. Kommentaar van die provinsie sal aangevra word.
VIDEO - ANC-lede wat in Borcherds woon gesels oor hul ontevredenheid met die Metrogronde-behuisingsontwikkeling. Video: Michelle Pienaar
Metrogronde, waar behuisingsgeleenthede aan begunstigdes beskikbaar gestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’