GEORGE NUUS - 'n Groep veterane van die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps Militêre Veterane Assosiasie (SAKKMVA) het Sondag 29 Julie by Pacaltsdorp Sekondêr vergader om 'n raad te kies. Die adjunkpresident van SAKKMVA, Clifton Murphy, het ook die vergadering bygewoon.
Ander sake wat bespreek is tydens die vergadering was onder andere die mobilisering van lede om 'n hofsaak teen die regering in Pretoria by te woon oor bruin oudsoldate wat min erkenning ontvang.
Indien militêre veterane op die databasis geregistreer is kan hulle in aanmerking kom vir voordele soos behuising indien werkloos, pensioen, medies, begrafnisdekking en vaardigheidsontwikkeling.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'