Update
GEORGE NUUS - Die saak teen 'n man wat homself aan die polisie oorhandig het ná hy 'n ander man (38) Saterdagoggend, 29 Februarie, in Blanco doodgesteek het, is voorlopig teruggetrek.
Volgens George-polisie se kommunikasiebeampte, kapt. Nolonwabo Tshengu, is die saak teruggetrek omdat dit blyk dat die voorval selfverdediging was.
"Daar was ooggetuies op die toneel. Die saak word nou na die direkteur van openbare vervolging gestuur om te besluit of daar voortgegaan sal word met die saak al dan nie," het Tshengu gesê.
Die verdagte is intussen vrygelaat. Hy het homself kort na die voorval aan die polisie oorhandig. Volgens Tshengu word daar beweer dat die twee mans baklei het, waarna die verdagte die slagoffer met 'n mes in die bors gesteek het.
The case against the man who handed himself over to police after he stabbed another man (38) to death in Blanco on Saturday morning, 29 February, has been provisionally withdrawn. According to the police this is because the stabbing appears to have been done in self-defence. The case has been sent to the Director of Public Prosecution (DPP) for a decision.
Vorige artikel: Man hands himself over after stabbing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'