Daar was ongeveer 850 inskrywings.
Die stap is op 31 Oktober gehou ten batevan kinders wat 'n beenmurgoorplanting benodig - 'n herhaling van 'n stap wat verlede jaar op dieselfde datum gehou is om fondse in te samel vir Alouise Campher, die George-leerder wat 'n suksesvolle beenmurgoorplanting gekry het.
Sy en haar sussie, Leandre het besluit hulle wil graag dieselfde kans op herstel aan ander kinders bied.
Hulle ma, Laurette, een van die organiseerders, het gesê hulle is opreg dankbaar vir al die donasies wat ingekom het, asook almal wat die stap ondersteun het.
"Baie dankie aan al die borge, organiseerders en helpers. Julle hulp en steun word opreg waardeer."
Die stap gaan 'n jaarlikse instelling word.
Vir enige navrae, kontak Laurette by 083 700 2735.

Alouise Campher (regs) en haar sussie, Leandre saam met spanlede van JD Supply Chain George, Chaneen Strydom (naaslinks) en Angelique Truter.

Die organiseerders van die stap is (van links) Magda Saayman, Wilma Ferreira en Laurette Campher. Foto's: Sariana Smit