GEORGE NUUS - Plaaslike skoonheid Maryke Stander, het onlangs George se naam hooggehou toe sy as een van die top-12-finaliste vir SA Weddings Bride of the year 2017 se bruidskompetisie aangekondig is.
Maryke sê haar ma, Martina Dunn, het haar vir die kompetisie ingeskryf. Die 12 finaliste van oor die land is uit meer as 5 000 inskrywings gekies.
Die 12 finaliste en hulle mans is vanaf Vrydag 1 Junie, tot Saterdag 2 Junie, met 'n onvergeetlike naweek van pret by Anura Wine Estate in Franschhoek, bederf.
"Daar was meer as 400 gaste en ons moes in ons trourok op die loopplank pronk. Die hoogtepunt was die nuwe vriendskappe wat tussen die finaliste gevorm het."
Maryke en haar eggenoot, Ryno, het op 11 Maart 2017 by Down to Earth in Heroldsbaai getrou.
"Ek en Ryno het by 'n kerkdiens ontmoet. Ek het gehuil, want ek was in 'n moeilike fase in my lewe, en hy het my kom troos. Daarna het ons gereeld vir koffie ontmoet, en vandag is ons agt jaar saam." onthou Maryke.
Die paartjie het 'n dogtertjie, Annabelle.
Maryke en Ryno Stander het op 11 Maart by Down to Earth in Heroldsbaai getrou.
Die top-12-finaliste van SA Weddings Bride of the Year 2017 is vanaf Vrydag 1 Junie, tot Saterdag 2 Junie, by Anura Wine Estate bederf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'