GEORGE NUUS - Sanger Manuel Escorsio het die Tuiniqua-sorgsentrum onlangs besoek en het soos 'n vorige keer wat hy opgetree het, weer vir 'n onvergeetlike middag se vermaak gesorg.
Met sy borrelende persoonlikheid, gemaklike aanslag met ouer persone, sy wonderlike geloofsgetuienis en pragtige stem wat oor die jare min van sy topkwaliteit verloor het, het hy talle nuwe bewonderaars bygekry.
Die geesdriftige gehoor het gemaak dat die uur wat hy sou optree gemaklik 'n halfuur langer geword het. Deur op ouderdom 70 nog só te kan optree, is 'n groot inspirasie vir ander ouer persone.
Manuel Escorcio het sy gehoor bekoor.
Manuel Escorcio saam met bewonderaars, van links: Nerine Haggard, Eddie Durrant en Johan Conradie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'