GEORGE NUUSFLITS - 'n 59-jarige man is vanoggend, Saterdag 2 Desember, omstreeks 08:20 in die botaniese tuine oorlede.
Hy het aan die weeklikse parkrun deelgeneem toe hy inmekaargesak het.
ER24-paramedici het alles in hul vermoë gedoen om die man se lewe te probeer red, maar hy is op die toneel dood verklaar.
Geen verdere inligtings is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'