GEORGE NUUS - 'n Man is dood na 'n boendoehof-voorval in Rosedale verlede maand.
Die moord hou verband met 'n beweerde voorval waarin die oorledene 'n 28-jarige buitelander se besigheid in Ismaelstraat wou beroof. 'n Bakleiery het tussen die twee ontstaan waarna die oorledene die winkeleienaar met 'n mes gesteek het.
Die winkeleienaar het om hulp geroep en lede van die gemeenskap het hom te hulp gesnel en die oorledene aangerand. Hy is per ambulans na die George-hospitaal geneem waar hy kort voor middernag op 25 Junie aan sy wonde beswyk het.
Die winkeleienaar en nog 'n man (20) is op 'n aanklag van moord in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'