GEORGE NUUS - ‘n Man van George is Sondagoggend deur die Rooi Kruis-helikopter van byna onbegaanbare rotse naby Victoriabaai gelig nadat hy twee nagte alleen daar moes deurbring weens ‘n gebreekte enkel.
Mnr. Denim Hamilton (39) het Vrydagmiddag alleen gaan stap toe hy tussen Victoriabaai en Ballotsbaai gegly en sy enkel gebreek het. Hy kon niks anders doen as om alleen op die rotse te bly lê nie.
Hy is eers Sondagoggend deur ‘n visserman opgemerk wat die nooddienste se hulp ingeroep het. Kort na 08:20 het Metro-nooddiente se reddingswerkers, die EMS-helikopter en die Wildernis NSRI hulle na Victoriabaai gehaas vir die reddingspoging.
Volgens Hennie Niehaus van die NSRI het vriende en familie van Hamilton glo nie geweet hy gaan stap nie en is hy daarom nie as vermis aangemeld nie.
Hamilton het vroeër vandeesweek ‘n operasie aan sy enkel ondergaan en sterk tans aan in die George-hospitaal.
Posted on: 00:35 Thu, 16 December 2010
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: