GEORGE NUUS - 'n Man se liggaam is verlede Saterdagaand omstreeks middernag in die aanhoudingselle by die George-polisiestasie gevind.
Die oorledene, Gerrit Gericke (31), het homself vermoedelik met sy eie baadjie aan die dak opgehang.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê Gericke se liggaam is kort na middernag deur die polisie gevind, waarna hy deur paramedici op die toneel dood verklaar is.
"Voorlopige inligting dui daarop dat hy sy eie baadjie in repe geskeur en homself daarmee opgehang het. Geen gemene spel word op hierdie stadium vermoed nie. Die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geloods."
Volgens Pojie was hy in aanhouding vir diefstal. Gericke was nie alleen in die sel nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'