GEORGE NUUS - Die Conville-buurtwag het verlede week tydens 'n onbeplande patrollie 'n man gearresteer wat in besit was van 21 stoppe dagga en 'n kapmes.
Die arrestasie is uitgevoer op die hoek van Newcombie- en Fiskaalstraat, agter die St. Paulskerk in Conville.
Rudy Lewis, voorsitter van die buurtwag, het die vyf buurtwaglede bedank wat hul tyd opgeoffer het om aan diens te gaan. "Dit was knap gedaan. Ek wil graag 'n versoek rig aan die gemeenskap om betrokke te raak by die buurtwag om te help met misdaadbekamping.
"Hoe meer lede wat help, hoe meer effektief kan ons wees. Indien daar besighede is wat flitse en handradio's vir die buurtwag kan borg, sal ons baie dankbaar wees. Dit sal ons taak om ons buurt te beveilig, soveel vergemaklik," het Lewis gesê.
Mense kan hom bel by 061 977 6098.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'