GEORGE NUUSFLITS - ‘n Man het kopbeserings opgedoen na hy vanoggend, Donderdag 20 September, deur ‘n taxi in Mitchellstraat in die middedorp raakgery is.
ER24-paramedici het die pasiënt op die toneel behandel en na George-hospitaal geneem.
Daar kon nog nie bevestig word presies hoe die ongeluk gebeur het nie.
‘n Navraag rondom die voorval is aan die George-polisie gestuur om verdere inligting te bekom.
‘n Navraag rondom die voorval is aan die George-polisie gestuur om verdere inligting te bekom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'