GEORGE NUUS - Lugbraaiers het die koswêreld op hol en mense kan nie ophou praat oor hierdie nuwe toestel nie.
Kenners sê dit is ‘n gesonder en skoner gaarmaakmetode. Nie alleen gebruik jy minder olie nie, maar daar is ook nie olie spatsels in jou kombuis nie en kosreuke is drasties minder.
Vir diegene wat dink dié toestel is net geskik vir spek en skyfies braai, wag daar ‘n verrassing. Van bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta, pizza en selfs hoendergeregte is moontlik.
Hierdie is dan ook die rede waarom die Suid-Kaap Fynproewersgilde by sjef Emile Nel gaan aanklop het vir praktiese en maklike lugbraaier-resepte. Hierdie geleentheid vind plaas op 2 Februarie om 09:00 by die Chef’s Emporium-restaurant, Diaz-hotel.
Resepte gaan gedemonstreer en daarna geproe word terwyl die sjef sy geheime wenke met die gaste deel. Hierdie beloof om ‘n lekker en leersame geleentheid te wees.
Mense wat belangstel om die geleentheid as ‘n gas by te woon, kan Wendy Bremner by 082 924 2428 kontak om ‘n plek te bespreek teen R250 ‘n kaartjie. Beperkte sitplekke is beskikbaar. Laaste dag van bespreking vir gaste is 30 Januarie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'