GEORGE NUUSFLITS - Die liggaam van 'n onbekende persoon het vanmiddag omstreeks 13:00 naby Wildernis uitgespoel.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was die liggaam reeds erg ontbind.
Dit is nog nie bevestig of dié geval verband hou met die vermiste visserman wat verlede week naby die Gwaiing-riviermond deur 'n brander van die rotse afgeslaan is nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'