GEORGE NUUS - Die erg ontbinde lyk van 'n volwasse vrou is vroeër vandag sowat 11km buite George in die Outeniquapas-omgewing gevind.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die lyk is in die bosse direk agter die muurtjie, wat die pad afsper, gekry.
Werkers wat besig was met die uitdunning van uitheemse bosse het op die liggaam afgekom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'