Jaco Stevens (21) en sy ouer broer Robert (24) het saam met ‘n “kuiervriend”, wat hulle net ken as “Koppe”, regs van Lientjiesklip hul vierman-tent opgeslaan. Koppe woon in Kaapstad en het die naweek by hulle kom kuier.
Die broers het vroegaand na die kaffee gestap vir verversings, terwyl hulle vriend lyn natgemaak het. Met die terugkoms het hulle hom aangetref op die sand, op sy maag, met sy hande en voete vasgebind.