GEORGE NUUS - George-Suid NG gemeente se Lentefees op Vrydag 11 Oktober by die kerk beloof om soos gewoonlik 'n feestelike byeenkoms te wees.
Watertandlekker maalvleis en wors is bo-aan die lys van aanbiedinge met smullekker vetkoek, pannekoek, basaarpoeding, gebak, hamburgers, roosterkoeke en vele meer wat sal sorg dat niemand honger daar weggaan nie.
Die witolifanttafel, pret vir kinders en 'n kindertafel kikker die dag verder op en musiek sal sorg dat die voete jeuk.
Bring jou hele gesin en vriende saam.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'