Volgens die adjunkhoof, Clive Zinkfontein, lek hierdie klaskamers al vir jare. "Ons doen herstelwerk waar ons kan, maar binne 'n paar weke begin die dakke weer op ander plekke lek," het hy gesê.
Dit is nie net die dakke wat lek nie, maar die deure van hierdie klaskamers maak ook nie behoorlik toe nie. Wanneer die reën met wind gepaard gaan, stroom die water by die deure in.
Een van die onderwysers, Rachel Nortje, kla dat verskeie van die leerlinge se oefe-ningboeke deur die druppende water beskadig is. "Die water dup nie net op die leerlinge nie, maar die vloere word verskriklik glad en dit is gevaarlik."
Millicent Merton van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het by navraag gesê benewens hierdie lekkende mobiele klaskamers, is twee van die 34 klaska-mers by Conville Laerskool voorheen onveilig verklaar en hulle is tans nie in gebruik nie.
Een van hierdie twee klaskamers is heeltemal onbruikbaar as gevolg van 'n vermiste muurpaneel. Terwyl Zinkfontein in hierdie klaskamer met graffiti bedekte mure staan, het hy gesê: "Ek sidder om te dink wat in die nag hier gebeur, wat nog te sê helder oordag."
Volgens Zinkfontein het die skool 'n paar briewe aan die direktoraat: infrastruktuur en beplanning gerig, maar het nog geen reaksie daarop ontvang nie.
Merton het gesê 'n span amptenare van die departement van openbare werke besoek die skool op 27 Augustus om die situasie te eva-lueer.
Die departement van openbare werke is vir kommentaar genader, maar teen druktyd is niks ontvang nie.
* Pupils who attend classes in the mobile classrooms at Conville Primary School needed to duck and dive the rain as it dripped through the leaking roofs of four classrooms last Thursday. According to Deputy-Headmaster, Clive Zinkfontein, these classrooms have been leaking for many years. "We fix the roof as we can, but within a couple of weeks the water finds another pathway and starts to leak into the classroom once again," he said. Zinkfontein complained that the school had addressed several letters to the Directorate: Infrastructure and Planning, but had as yet not received any response.

As dit reën moet hierdie leerlinge bontstaan om nie in hul klaskamer nat te reën nie.
ARTIKEL: FRAN KIRSTEN, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'