Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Hoërskool Outeniqua se tweede Societas Nobilitat-geleentheid is Donderdagaand 19 Oktober tydens 'n galafunksie by die skool gevier.
Twintig gr. 8 tot 11-leerders en tien gr. 12-leerders het toekennings by die geleentheid ontvang.
Die vereniging vereer jaarliks die topdrie akademiese presteerders in elke graad.
"Leerders wat daarin slaag om onder die topdrie in elke graad tydens een van die vier eksamens te wees, word lewenslank deel van hierdie vereniging.
"Elke leerder kry 'n unieke nommer wat hy of sy dan behou. Selfs leerders wat verhuis of die skool verlaat behou hierdie nommer en bly deel van die vereniging," het Chris Hattingh, adjunkhoof vir akademie gesê.
Die Societas Nobilitat-vereniging is in 2011 deur Hattingh gestig.
Die spoggeleentheid is deur die Nelson Mandela Universiteit geborg.
Kyk 'n video hieronder.
Trotse ouers het die voorreg gehad om die geleentheid by te woon en die Kwagga Cuisine van Hoërskool Outeniqua het gaste trakteer met 'n smaakvolle ete.
Die Societas Nobilitat-vereniging se gr. 11-lede is van links: Braam van Huyssteen, Michael Bezuidenhout, Munae Troskie, Zoé Otto, Elma Lamprecht, Nelise van Aar en Dihan Goussard. Foto's: Myron Rabinowitz
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: MYRON RABINOWITZ, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'