GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) se 100-jarige feesvieringe bereik aanstaande week, 17 Julie, een van sy groot hoogtepunte.
Verskeie geleenthede het reeds plaasgevind en alles bou op na die hooffees wat van 21 tot 30 Julie plaas-vind. Die skool is op 16 Julie 1923 gestig en die amptelike inwyding was 20 Julie 1923.
As deel van die feesvieringe gaan 'n groot optog aanstaande Vrydag, 21 Julie, deur die strate van George gehou word.
Chris Hattingh, onderhoof en feesdirekteur, het Dinsdag gesê om 08:00 op Vrydagoggend, 21 Julie, word die feesrede by die skool gehou. Tussen 10:00 en 12:00 vind die optog plaas. Leerlinge van die skool gaan daaraan deelneem en sal onder begeleiding van die George-verkeersdepartement op 'n voorafbepaalde roete stap.
Dit sal by die skool begin en ook daar eindig. Die gala-dinee vind op 28 Julie plaas. Op 30 Julie is daar 'n kerkdiens by die NG Moedergemeente.
Sport
Sport kry ook aandag. Op 22 Julie is 'n sportgeleentheid tussen die skool en Paarl Gimnasium. 'n Week later op 29 Julie is daar 'n interskole met Hoërskool Stellenberg.
Goue oues-fees
Op 9 Augustus is dit tyd vir die Goue oues-fees.
Tydens die geleentheid sal erkenning gegee word aan alle oudleerlinge wat 75 jaar en ouer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’