GEORGE NUUS - Wat is nou beter as om op 'n Vrydagaand bietjie oefening op die pad in te kry. Inwoners en besoekers kry Vrydagaand, 28 Januarie, geleentheid om weer deel te neem aan die bekende en gewilde Top Gear Sport se 10 km-aandwedloop.
Dit is die 13de keer dat dit aangebied word.
As jy nie lus is om te hardloop nie, is daar 'n 5 km-stap.
Ters Giliomee, eienaar van Top Gear, het Dinsdag die borggeld aan Sidwell Oktober, voorsitter van die Rainbow-atletiekklub oorhandig. Die geleentheid word deur Top Gear en Rainbow-atletiekklub aangebied.
Volgens Giliomee begin en eindig die wedlope by Top Gear op die hoek van Meade- en Hiberniastraat.
In die verlede was dit baie gewild en voor die Covid-19-pandemie, het 700 deelnemers al aangetree vir die geleentheid.
Die organiseerders hoop dat dit weer vanjaar gewild gaan wees en na verwagting sal 500 deelnemers by die wegspring opdaag.
Dit begin om 18:00. Inskrywingsgeld beloop R75 vir die 10 km en R30 vir die 5 km. Nie-klublede sal nog 'n verdere R35 moet opdok.
Vir navrae kontak Top Gear by 044 873 0626 of October by 071 995 5346.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'